'n Hartseer mama.
Jy het my die mees wonderlikste geskenk gegee wat enige een al ooit vir my kon gee. 'n Pragtige onskuldige klein siel wat hier binne my groei. Deur ons liefde vir mekaar het ons hierdie kosbare wonderlike dingetjie gemaak. God het my die vooreg gegee om 'n baba te kan dra eers soos klein soos 'n ertjie en dag vir dag groei dit en blom dit ek noem haar nou my blommetjie,God het immers sy mooiste blommetjie in sy tuin gepluk en aan ons vetrou,ons liefde het haar gemaak dis die geskenk wat God vir albei van ons gegee het. Hoekom waar is jy nou hoekom my lewe verpletter en nou waar is jy nou? Hoekom wil jy haar nie he nie, sy kan dalk jou oe en glimlag he hoekom wil jy haar verwerp, my verwerp? Ek voel so sag en teer ek voel haar groei ek voel haar skoppe en hoor haar hartklop,maar waar is jy hoekom voel jy dit nie saam my nie. Waar was jy toe ek op my kniee was voor die toilet elke dag vir amper 4 maande asgevolg van morning sickness toe sy ons blommetjie dit so duidelik gemaa...